Leerondersteuning
Ons Hoofdoel / Our Main Objective
Binne die raamwerk van Inklusiewe Onderwys, streef ons daarna om elke leerder in ons skool te onderrig en ontwikkel tot sy/haar optimale prestasie en behoeftes. Leerders met uitvalle wat meer intervensie benodig, ontvang mede-onderrig deur ons Remediërende Opvoeder: óf in die klaskamer óf in kleiner groepies (maksimum 8), wat onttrek word na die Remediërende lokaal. Tydens Leerondersteuning word individuele aandag aan spesifieke agterstande gegee bv. Leesvermoë, spelling, leesbegrip, die vaslegging van taalkonsepte en wiskundige begrippe.
Die leerder se unieke leerbehoeftes word d.m.v. die volgende bepaal:
- Informele Assessering/Diagnostiese Assessering
- Formele Skolastiese Assessering
- Die leerder se skoolboeke en leerderverslag
- Gesprekke met die leerder se ouers, betrokke opvoeder(s) en terapeute
- Emosionele Sielkundige Sessies